Ons hoor graag van jou!

Stuur jou storie, gedig of artikel aan Joernaal Suid-Afrika

‘n Lekker Afrikaanse spasie by Joernaal Suid-Afrika

 

Ons wil graag Joernaal Suid-Afrika so relevant en opbouend hou soos wat nodig is, om ons Afrikaner Boere nasie goed toe te rus vir die toekoms van ons volk.

Ons verwelkom dus briewe, opstelle, opiniestukke, gedigte en meer, sodat ons saam, gesprekke aan die gang kan kry, en ‘n verskil maak in ‘n land waar dit broodnodig is.

Uit die aard van die saak is die publikasie tradisioneel, konserwatief georiënteer, met Bybelse waardes en ‘n fundamentele Christelike raamwerk.

Liberale, postmodernisme sieninge sal oorweeg word, maar nie noodwendig gepubliseer word nie.

Haatspraak, of politiese negatiwiteit sal ook nie gepubliseer word nie. Die probleme en opinies kan gerus gedeel word, maar met moontlike oplossings en nuwe idees van hoe ons, ons toekoms kan beveilig.

Stuur gerus jou storie na info@joernaal.co.za met jou naam, telefoon nommer en epos adres.

Indien daar ‘n skuilnaam gebruik word, dui asseblief so aan.

Die naam (of skuilnaam) sal gepubliseer word maar nie telefoon nommer of epos adres nie, teensy anders versoek.

 

Alle nuwe blog posts gepubliseer word nou op ons Telegram kanaal geplaas. Sluit aan!

En om nie posts te mis nie sluit HIER aan by ons nuusbrief! (Ons gooi jou nie dood met gemors nie net kwaliteit materiaal.)

En moet natuurlik nie FACEBOOK en TWITTER vergeet nie...

En meer op INSTAGRAM!