Wit en swart in Suid-Afrika

Opinie:
Deur: Snyman Rijkloff
2 Augustus 2019

Ons is blanke mense van Europese afkoms. Ons het Europese waardes en ons strewe na vrede, goedheid en die voortuitgang van die mensdom.

 

So ook sien ons vandag ‘n nasie (of nasies) van ‘n ander velkleur, wat steel, moor en verwoes. Ons sien die geweldige wreedheid en misdaad in hierdie nasies, ons assosieer dit met hulle velkleur en ons wonder hoekom die Here hulle so gemaak het. (Of miskien meer korrek, hoekom het die Here toegelaat dat hierdie geweldige boosheid in hierdie mense heers.)

Dit is heel menslik om so te dink, en daar is niks mee verkeerd nie. Wat ek wel wil doen, is om hier ‘n perspektief deur te gee, wat nie noodwendig reg of verkeerd is nie, maar dalk vir ons ‘n beter verstaan sal kan gee oor die situasie in Suid-Afrika vandag, en hopelik ‘n gesprek sal oop maak wat vir ons nader aan werkbare oplossings en antwoorde sal kan bring.

Daarmee begin ek dan met die sondes van die voorvaders, of dan te wel die derde en vierde geslag van die wat Hom haat, waarmee meeste van ons bekend is.

Talle studies is al gedoen wat bewys dat binne in ‘n bevolkingsgroep, mense van sekere herkomste meer aggressief kan wees as ander.

Selfs net in Europa waar almal die selfde velkleur het, kan verskille in die gene opgetel word, tussen die wie se voorvaders ‘n agtergrond van veeboerdery gehad het, (wat hulle vee en lewens met geweld moes beskerm teen die elemente,) en die wat meer uit die areas van saaiboerdery gekom het, en die voordeel gehad het van om rustig deur die koue winters te slaap.

Die impak van hierdie leefstyle, strek oor meer as ses of sewe generasies, en het vandag nog ‘n impak, nie net in Amerika nie, maar reg oor die wêreld, oor hoe aggressief ‘n sekere persoon geneig is om op te tree, gegewe ‘n sekere situasie of stimulus.

Die kort en die lank is, as jou oupagrootjie ‘n Viking was, is die kanse goed dat jy, sonder dat jy eens weet hoekom, iewers in ‘n vuisgeveg in die skool sou betrokke raak.

Met dit ingedagte gehou, gaan kyk ons dan eerstens vlugtig na ons eie mense.

Ons het as volk tot ‘n groot mate, heelwat Hollandse bloed in ons. Die Hollanders is nie vir hulle veglus bekend wanneer mens na die wêreld oorloë kyk nie. Daar is teen argumente daarvoor, maar niks in vergelyking met die uithouvermoë van die Russe, Arabiere, Japanese en ander meer “aggressiewe” nasies nie.

Dan het ons ook Franse bloed in ons. Maar meer, baie spesifieke Franse bloed. Hugenote bloed.

Hierdie is ouens wat vas gestaan het in hulle geloof, maar eerder die veilige opsie van vlug gekies het, as om wapens op te tel en te veg.

Weereens, daar was baie uitsonderings, maar dit is nie noodwendig daardie uitsonderings wat die Kaapse hawe gehaal het nie.

Daar is ook geen reg of verkeerd nie, die punt is net, dat daardie tipe bloed ‘n impak op die vorming van ons nasie gehad het.

So ook met die Engelse besetting in die Kaap, het ons eerder besluit om te trek, as om te veg. Natuurlik was dit dalk nie eens moontlik vir die Afrikaners om teen die Engelse ryk te veg nie, maar dit verander nie dit wat fisies gebeur het, (die groot trek,) en die daaropvolgende keuses en gebeure nie.

Daar is weg getrek van die onderdrukking af, eerder as om tot die dood toe te baklei.

En dit verduidelik ook dan die groot immigrasie getalle onder ons Afrikaner Boere vandag.

Met al hierdie dinge in gedagte gehou, is en bly ons Europees van aard. Nie oor ‘n velkleur of oor ‘n huis of lewenstyl nie. Ja, dit ook, maar dit is baie meer as dit.

Ons het ‘n denkwyse en ‘n kultuur wat vêr dieper as in die hart of in die siel lê. Dit lê in ons DNA. Dit vloei met die bloed deur ons are, en ons gaan nie, (en wil ook nie) dit sommer verander nie.

Ons hou van mooi huise, skoon strate, orde en geregtigheid en ons blou-oog kinders wat uitspattig lag en speel.

Dit bring my by die meer interessante deel.

Die denkwyse en die kultuur van die swartman hier in Afrika.

Daar is baie wat reken, reg of verkeerd, dat die manne, van die stam van Gam is met die ooreenkomstige vloek wat oor die stam uitgespreek is, en so aan. My kennis daaroor is beperk en ek sal nie sommer ‘n uitlating daaroor maak nie, juis omdat ek weet die genade van die Here, (maar ook Sy oordeel,) is veel groter as wat ons ooit sal kan begryp.

My doel is nie om die armoede, geweld en onreg van die Afrika stamme te regverdig deur iets wat in die skrif staan nie.

My doel is om rasioneel na ‘n situasie of ‘n bevolkingsgroep te kyk, en prakties te evalueer en te verstaan wat dit is wat aangaan, en hoe mens die situasie nie net kan oorleef nie, maar teenvolle in oorwinning kan staan.

So wat weet ons van hierdie Afrika stamme?

Hierdie manne het nie twee eeue terug begin om hulleself teen mekaar en teen die natuur te verdedig nie. Dit kom al duisende jare. Ons weet hoe wreed Afrika in vandag se tyd kan wees, en dan praat ons nie eens van destyds nie.

Hierdie Afrika manne het nie met geweld geveg omdat hulle gedink het dat dit ‘n goeie idee is nie. Geweld, aggressie, vegkuns en oorloë was in hulle as oorlewingsmeganisme. Hulle het ‘n keuse gehad; Geweld, of dood.

En so het hulle, met beperkte kennis van wapenrusting, gevegsmetodes en tegnologie, geweld en aggressie deel gemaak van wie hulle is, hulle identiteit. En daardie geweld en veglus, die moordlus, is in hulle are, en is en bly, in hulle bloed.

As jy met my hier wil argumenteer, ons het ‘n plek geskep waar dinge ordentlik uitgepraat kan word, en sonder geweld of aggressie, besluite geneem kan word, wat die rigting en die toekoms van die land bepaal.

Ons noem dit die parlement.

Die natuur van die swartman het veroorsaak dat hulle hulle aggressie en geweld, binne in die parlement in dra het, en waar die owerhede die mense met soortgelyke geweld uit die parlement uit moes jaag.

Geen mens gaan dit uit hulle uit kry nie. En dit is iets wat die Liberale Weste nie verstaan nie.

Hulle dink dat as mens ‘n swart man van Afrika neem, en hom in ‘n Westerse samelewing gooi, dan gaan hy eweskielik ‘n gekultiveerde wese wees. Dan gaan hy eweskielik nie meer daardie bloeddorstigheid in hom hê nie. En die Liberale Weste moet dit glo, want hierdie teorie pas nie in hulle boksie in, van hulle spesifieke verstaan van die mens nie.

Die meerderheid van die mense dink dat as ons tog net vir die swart mense alles gee wat hulle wil hê, opvoeding, mooi huise, voertuie, genoeg kos, en ons almal baie vriendelik met hulle is, dat hulle eweskielik nie meer mense met buitebande gaan verbrand nie, dat hulle eweskielik nie meer asblikke gaan om gooi, treine afbrand en die wêreld verwoes nie.

Maar dit is nie waar nie.

Hierdie manne is lus vir oorlog. Net soos in soveel ander Afrika lande. Hierdie Afrika natuur in hierdie mense, die smagting na geweld en moord, kan mens nie met sielkunde of enige ander metodes uit haal nie.

Ek kan lank skryf oor die “natuur-sosialistiese,” kultuur waarin hierdie mense leef, lynreg teenoor die “moderne kapitalistiese,” kultuur van die blankes, maar dit is dalk ‘n gesprek vir ‘n ander dag.

Al wat ons moet weet is, so min soos wat ons kollektief besluit het dat ons velle wit moet wees en dat ons liefdevolle, opbouende gedagtes moet hê, so min het hulle kollektief besluit dat hulle velle swart moet wees en dat daar iets in hulle is wat hulle dryf om Suid-Afrika tot op die grond af te brand.

(Ek praat van kollektief omdat elke individu steeds ‘n morele verpligting en verantwoordelikheid het wat keuses van geregtigheid aanbetref.)

Swart mense was nooit bedoel om in beheer te wees van ‘n Westerse samelewing nie. Anders het Afrika sonder hulp al soos Europa, Amerika of China gelyk.

Swart mense was nooit bedoel om in groot, verstedelikte gebiede te bly nie. Swart mense was nooit bedoel in beheer te wees van Westerse infrastruktuur nie.

Die natuur binne in die swartmens sê vir hom dat hy sy piesangskil op die grond kan gooi, want dit is die natuurlike ding om te doen en die natuur sal dit self verwerk, met geen skade aan mens of dier nie.

Daardie selfde man kan nie besef dat ‘n sjokolade omhulsel plastiek is, dat mens dit nie net op die grond kan gooi nie, en dat die natuur dit nie gaan verwerk nie.

Die konsep dat ons moderne lewenstyle proaktief bestuur moet word, is vreemd vir die swart mense in Afrika, en ons gaan dit nie in een, twee of selfs drie generasies verander nie.

Maak dit hierdie mense sleg?

Allermins.

Hier wil ek net vinnig ‘n kant nota inbring. Daar is die van ons wat beweer dat hulle nie mense is nie maar een of ander vorm van minder is, as mens. In my oë is dit een van die grootste foute wat mens kan maak.

Eerstens, omdat wanneer mens die orde van die skepping verstaan, sal mens God genoeg vrees om te besef dat die mens op aarde die kroon van die skepping is, en sal mens baie versigtig wees met sulke uitlatings of teorieë.

Tweedens, iets veel meer prakties vir ons oorlewing hier in Suid-Afrika. Ek weet, dat wanneer mens die stelling maak dat hulle dalk nie 100% mens is nie, gaan jy hulle begin onderskat, en dit is een ding wat ons as Afrikaner Boere volk nooit mag doen nie.

Ons het respek vir ‘n leeu in die veld.

Vir ons eie beswil en oorlewing, sal ons hierdie vyand van ons ook nie onderskat nie.

Weer vra ek, maak dit hierdie mense sleg?

Allermins.

Ek hou aan jou voor Turke wat die Armeniërs vermoor het. Stalin wie sy eie mense vermoor het. Britte wie onskuldige mense in Suid-Afrika, Amerika en Ierland vermoor het. Napoleon wat sy eie dodetal by die geskiedenis gevoeg het. Ek raak spesifiek nie hier aan Hitler nie, maar dit is nie moeilik om hierdie argument te volg nie.

Nie een van bogenoemde se velle was so swart soos hierdie manne sin nie, en tog het hulle meer lewensverlies veroorsaak op ons moeder aarde, as wat Afrika se bevolkingsgroepe ooit sal wens om te doen.

Daar is ‘n middelklas swart man wat vandag by ‘n ou blanke oom buite Kroonstad stop, en die oom help om water in sy enjin in te gooi.

Daar is ook ‘n ryk blanke man wat vandag met soveel haat en woede rondloop, (al sê die Woord in Psalm 37 dat ons, ons nie moet kwel oor die skurke nie,) dat hy homself onnodig blootstel aan ‘n beroerte of hartaanval.

Daar is tussen vandag en more ‘n poging op ‘n plaasmoord, (moontlik suksesvol,) met die wreedste intensies wat ‘n swart man aan kan dink.

Maar ook iewers, ‘n blanke man in sy huis met sy gesin, wat nie weet wat die toekoms in hou nie, maar hy weet, dat sy God hom beskerm, en dat hy tot die dood toe sal veg, om sy vrou en kinders te beskerm.

Waar laat dit ons dan?

Dit laat ons met (1) ‘n geweldige afhanklikheid van ons God wie ons op ‘n bonatuurlike manier beskerm en (2) die wysheid en die kennis dat ons self verantwoordelikheid moet neem vir die geweldige kwesbare posisie waarin ons ons self vandag bevind.

Een, moet ons die geloof hê, dat as ons die Here vra vir wysheid om ons hele volk te red van ‘n groot verderf, ‘n groot ondergang en ‘n verwoestende burger oorlog, en ons almal saam hartstogtelik die wil van die Here soek in hierdie omstandighede, dan sal Hy getrou wees, en ons, en ons kinders en ou mense, met ‘n groot wonderwerk sal red.

Twee, dan moet ons optrede en dade getuig van daardie geloof wat ons in ons God het. Ons gaan nie kan sê ons het nie geweet nie. Ons moet voorberei, en vas staan. Ons moet paraat wees, en voorbereid wees en alles in ons vermoë doen om ons self te beveilig teen die aanvalle van die vyand.

Die wat wil emigreer kan met liefde immigreer, en ek ondersteun hulle. Maar vir die soos ek wat hier bly, ons gaan soos hulle in Engels sê, moet “man up!” en ons man staan.

Ons gaan ons kinders en ons vriende moet leer om nie toe te gee tot selfbejammering nie, nie die slagoffer te wees op enige vlak, sosiaal, fisies of andersins nie, en leer om ons self te verdedig.

As ons ‘n geweer het om mee te skiet, dan is dit jou plig om te strewe daarna om die beste skud in Suid-Afrika te word.

As ons kan skryf, video’s maak, mense bemoedig, motiveer en hoop skep, doen dit met alle mag en krag en moenie bang wees vir die waarheid nie.

As ons die intelligensie het om ons boere en ons mense te beskerm sodat daar nie een plaasmoord meer gebeur nie, dan is dit ons plig om ons hulpbronne vir daardie doel in te span.

As ons, ons jong mense kan oplei met militêre opleiding en dissipline, selfs van skool af, dan moet ons nie versuim daarmee nie.

As ons met musiek, drama en die kunste weer hoop, trots en passie in ons mense kan in blaas, dan moet ons dit doen.

Wat ons ook al kan doen, hoe gering of groot ook al dit mag wees, vir die beskerming, die redding, die vestiging en die vooruitgang van ons mense, ons blanke Afrikaner Boere volk, moet ons doen met nuwe ywer, en die hoop wat ons in die Here het dat Hy ons sal red.

Ons het nie meer ‘n keuse nie.

Ons hou ons oë gerig op ons God, en Jesus Christus Homself, met ons linkerhand werk ons en met ons regterhand beskerm en veg ons.

Ek verstaan dalk nie al hierdie dinge nie en as kind in die tagtigerjare het ek nie hiervoor gevra nie. Maar dit weet ek wel. Om my eie natuur as wit mens te ontken, sal selfmoord wees. Om die natuur van die swart man te ontken, sal net so, as nie meer fataal wees.

Laat ons moed skep en vas staan.

Dit is die Here wie ons beskermer is, en ons sal nie opgee nie. Nie vandag nie, nie more nie, nie ooit in hierdie pragtige, lieflike land van ons nie.

Wanneer ons as Afrikaner Boere volk weer leer om mekaar en hierdie land met ‘n vurige passie lief te hê, sal ons nuwe krag ontvang om te veg vir die redding en die toekoms van baie.

Die Here seën jou, en die Here is met jou. 

 

*****

 

Watch ye, stand fast in the faith, quit you like men, be strong.

– 1 Cor 16:13

Foto erkenning: Denise Jans @ unsplash

Alle nuwe blog posts gepubliseer word nou op ons Telegram kanaal geplaas. Sluit aan!

En om nie posts te mis nie sluit HIER aan by ons nuusbrief! (Ons gooi jou nie dood met gemors nie net kwaliteit materiaal.)

En moet natuurlik nie FACEBOOK en TWITTER vergeet nie...

En meer op INSTAGRAM!