Kies om vas te staan

Opinie:
Deur: Snyman Rijkloff
26 Januarie 2019

“Een van die grootste gevare vir die toekoms van die Afrikaner Boere nasie, is die feit dat die nuwe generasie geen militêre opleiding het nie…”

Daar is ‘n geweldige groot waarheid wat ons nie wil erken nie.

Ja, ons Afrikaner mans en vroue praat nie graag daaroor nie.

Ons rykdom en welvaart het ons sag gemaak. Ons jonger generasie het nie die depressie jare geken soos die Amerikaners vroeër nie. Ook het ons jonger mense nie aktief in militêre konflik enige ervaring op gebou nie.

Ons nuwe generasie sowel as van ons ouers het in aansienlike gemak groot geword.

En soos enige persoon met selfs die kleinste bietjie verstand weet, maak gemak jou nie sterk nie. Gemak kweek nie selfdissipline nie. Gemak maak nie van jou die man (of vrou) wie jy gemaak is om te wees nie.

Dit is reg, gemak gee nie een persoon deursettings vermoë nie.

 

Eiegeregtigheid

 

Wat dit wel kweek is eiegeregtigheid.

In eie geregtigheid is dit vir ons makliker om die vyand te blameer vir alles wat fout is in die land, eerder as om voor te berei vir die aanvalle wat reeds op die Afrikaner Boere toegepas word.

In eie geregtigheid kyk ons na buite, wys die vinger en skud ons koppe in ongeloof.

Is dit werklik wie ons is?

Is dit werklik hoe ons wil hê die buite-wêreld na hierdie Afrikaner nasie moet kyk?

Of wil ons op staan vir dit wat reg is, diep binne in ons self kyk, en vra wat is dit wat ek vandag kan doen om daar te wees vir my Afrikaner Boere volk.

“Wat is dit wat ek kan doen om voor te berei, dapper te wees, en as voorbeeld te staan vir die harde, trotse, dapper nasie wie ons eintlik veronderstel is om te wees?”

Ja die nuwe generasie het nie militêre opleiding nie, maar gaan kyk gerus in die boek van Rigters wie dit is wat die Here ons God gebruik het, om sy veldslae te veg.

Die tyd waarin ons lewe kan van ons nasie een van twee dinge maak. Dit kan ons vorm in ‘n swak, slaphouding, groepering van mense wat heeltyd kla oor hoe sleg dit met die land gaan, of dit kan ons laat saam staan, laat sterk staan en eerlik vir mekaar begin sê oor waar ons vandag is, en wat ons gaan doen om te kom waar ons as Europese, blanke volk, graag wil wees.

Dit is elke persoon se eie keuse.

Ek kies vandag om in plaas van vas te staar in die vyand en al sy baie misdade, op te kyk na Jesus Christus en ons Hemelse Vader, en uit Hom uit, die krag en wysheid te ontvang, sodat ek enige vyand, enige plek, enige tyd, kan verslaan.

Die Here seën jou, en die Here is met jou. Veilig wees en sterk staan.

Alle nuwe blog posts gepubliseer word nou op ons Telegram kanaal geplaas. Sluit aan!

En om nie posts te mis nie sluit HIER aan by ons nuusbrief! (Ons gooi jou nie dood met gemors nie net kwaliteit materiaal.)

En moet natuurlik nie FACEBOOK en TWITTER vergeet nie...

En meer op INSTAGRAM!