Is Vrede vir ons moontlik?

Opinie:
Deur: Snyman Rijkloff
20 Februarie 2019

Reg oor die wêreld is en bly die ideaal altyd dat die wat vaardig is in hulle werk, in beheer sal wees van die stand van sake.

Nêrens wil mens ‘n tandarts vir ‘n minister van buitelandse sake hê nie en net so is ‘n motorwerktuigkundige nie noodwendig voldoende vir ‘n Direkteurspos by die ontvanger nie.

Nie dat ek enige iets het teen tandartse of  motorwerktuigkundiges nie hulle moet net die beste doen in dit wat hulle doen en meeste van dit is wat die gewone man op straat (ek ingesluit) nie kan doen nie.

In ontwikkelende lande, veral die in Afrika, en ook by uitsondering die in Asië, is dit goed vir die land in geheel as die beste persone in daardie betrokke land die posisies beklee wat nodig is vir die vooruitgang van die land.

Ek dink nie dit sal veel help as die ministers van Duitsland kom en Mosambiek probeer regeer nie. Beide die ministers en die bevolking sal net ‘n frustrasie beleef wat verseker nie in vandag se wêreld bekend is nie.

Waarop dit dan neerkom is as bevolkingsgroep A hou van skoon strate, boere wat nog asem haal, infrastruktuur wat werk, en ‘n relatiewe lae vlak van korrupsie, gaan daar aansienlik minder vrede wees as hulle regeer word deur bevolkingsgroep B wie se neiging is om boere dood te maak, die plek so deeglik moontlik besoedel en om die land so gou moontlik af te brand. (Oor vuur en die Afrika kultuur in ‘n later blog post.)

In so situasie is dit beter dat bevolkingsgroep A oor bevolkingsgroep A se mense regeer en so ook dan vir die ander bevolkingsgroepe oor hulle self.

Ons het steeds ‘n Europese verwagting van groei…

Nou vir verskeie redes het ons Afrikaners besluit dat ons vir eers die gemors van die land gaan verduur eerder as wat ons ons eie staat stig en daarteen het ek geen beswaar nie omdat ek dink dat selfs daardie lyn van denke in die hande van die Here is.

Maar ons sit vandag met ‘n baie unieke situasie.

Ons blanke Afrikaner Boere het steeds Europese waardes in ons. Ons het steeds ‘n Europese verwagting van groei vooruitgang en orde.

So waar kan ons na voorbeelde gaan soek?

Alhoewel mens nie regtig Senekal, Botswana en Mosambiek as voorbeelde kan gebruik nie (hulle het elkeen nie meer as ‘n 100 000 Europeërs wat daar woonagtig is nie) is daar wel ‘n ander atmosfeer in daardie lande.

Hulle Afrika stamme is aansienlik minder aggressief, misdaad is laer en die spanning tussen wit en swart is kenmerkend minder.

Dit is juis dan waar ons onsself die vraag moet vra; Is dit moontlik dat ons weer vrede in hierdie land sal kan beleef?

Om by daardie antwoord uit te kom sal ons in die volgende paar weke na faktore kyk soos:

  • Hoe meet mens die konflik tussen die Afrikaner en die ander stamme in Suid Afrika?
  • Hoe lyk ‘n scenario waar burgeroorlog vermy word maar waar die Afrika stamme steeds in bewind is. – En wil mens dit noodwendig so hê?
  • Die Geloofs-faktor. Die Here wil ons red (letterlik) maar hoe lyk die toekoms dan vorentoe?

Hierdie saam met ‘n paar ander diskoerse behoort ons uit te bring by ‘n beter verstaan van die vrede wat ons graag in hierdie land wil hê.

Maar meer belangrik hierdie is die sake wat ons kreatief laat begin dink oor oplossings vir ‘n oorwinning oor die uitdagings van die dag.

Alle nuwe blog posts gepubliseer word nou op ons Telegram kanaal geplaas. Sluit aan!

En om nie posts te mis nie sluit HIER aan by ons nuusbrief! (Ons gooi jou nie dood met gemors nie net kwaliteit materiaal.)

En moet natuurlik nie FACEBOOK en TWITTER vergeet nie...

En meer op INSTAGRAM!