Die greep van die Afrika-mentaliteit

Opinie:
Deur: Snyman Rijkloff
21 Februarie 2019

sodoende ,Ons as Afrikaner nasie het nie in 1994 met die verkiesing die beheer oor die land verloor nie. Ons het nie met die nuwe demokrasie ons toekoms, ons ideale, ons veiligheid en ons skoon strate verloor nie.

Al daardie dinge het ons lank voor 1994 verloor. Ons kon dit net nie sien nie.

Hoe kan ek dan so ‘n uitlating maak? Het ek dan nie self met my eie oë gesien die verskil tussen die tyd voor en na demokrasie nie?

Verseker het ek die verskil gesien. Miskien nie so goed soos ‘n paar ouer manne nie (ek was nog baie jonk) maar ek onthou die mooi, die skoon, die veilig, en die geordendheid van Pretoria se middestad. Ek onthou hoe die busdiens van Pretoria nog met Europese standaarde tot elf uur in die aand hulle laaste roetes gery het.

So waarvan praat ek dan? Hoe kan ek sê dat ons as blanke Afrikaners meer verloor, en meer op gegee het as wat ons kan besef, lank voor 1994?

Deur die volgende stelling te maak:

Alles wat ons gehad het, die goedheid van die dade in die land, wet en orde, vrede in ons huise, mooi parke en tuine, gehoorsaamheid op die paaie, lae werkloosheids-syfers, ‘n Polisie diens en weermag wat ons kon beskerm, en veel veel meer, alles was ‘n uitvloeisel van dit wat in ons harte was.

Uit ons harte het gevloei, die op bou van Suid Afrika. Uit ons harte het gevloei, die aanwending van hulpbronne vir goeie munisipale dienste. Uit ons harte uit het gevloei, goeie en opbouende Europese standaarde wat veroorsaak het dat ons ooreenkomstig gepraat het, ooreenkomstig opgetree het en dan ook die ooreenkomstige vrugte daarvan gepluk het.

Ons het vandag ‘n keuse…

 

Maar iewers, presies in watter dekade kan ek nie sê nie, het ons harte ander dinge begin huisves. Vrees vir die vyand. Gretigheid. ‘n Kragtelose vorm van godsdiens gevul met politiese oortuigings. Verdeeldheid tussen broer en broer. Trots, owerspel en afguns.

Al hierdie dinge het in ons harte in, begin inkruip. Nie oornag nie. Nie soos ‘n oorlog wat eendag op die grense dreig nie. Nee hierdie virus het met die tyd saam, homself in ons harte gevestig, en homself sodoende versterk.

Soveel so dat daar ‘n dag gekom het, waar die gevolg is dat ons en ons kinders die vrugte daarvan pluk. ‘n Dag waar dié wie oor ons aangestel is, ons nie meer beskerm nie. Waar ons vooruitsigte nie meer in ons hande is nie, maar eerder in die hande van ‘n goddelose volk wat ‘n god van korrupsie aanbid.

Vandag het ons ‘n keuse.

Jonk en oud. Maar veral die jong manne en vroue moet hierdie ding vandag verstaan.

Ons kan kies om aan te hou om ons harte te besoedel met die gemors van die wêreld, en sodoende ons volk se ondergang bewerkstellig (en dan natuurlik aanhou om die ander nasie te blameer,) of ons kan kies om in geloof op te staan, die Here ons God aan te roep, ons te bekeer van die gemors in ons harte, en ons te vul met nuwe hoop en nuwe geloof.

Sou ons laasgenoemde kies, kan ons nie aanhou met ons onvergewensgesindheid, haat, en bitterheid nie, maar sal ons die Woord moet optel, en die Woord moet lees en toepas soos nog nooit tevore nie.

Ons sal ‘n vrees vir ons God moet ontwikkel (Meer daaroor in ‘n later artikel) wat ons voorouers nie geken het nie en met dit, ‘n geloof en ‘n dapperheid ontwikkel, wat Afrika nog nie gesien het nie.

Dit was in die laaste twee dekades maklik om ‘n Afrika-mentaliteit te ontwikkel. Want dit wat ons baie keer met ons oë sien, en dit wat ons met ons ore hoor, is juis ‘n uitbeelding van ‘n afbrekende Afrika-mentaliteit. Kry stelselmatig oor ‘n gegewe tydperk genoeg daarvan in, en ons begin so dink, en begin so te praat.

Nie meer langer nie. Dit het tyd geword dat ons, ons oë op Jesus Christus hou. Dit het tyd geword dat ons God se Woord ernstig opneem en die oorwinning in ons eie lewens, sowel as in die lewens van ons naaste hartstogtelik soek en najaag.

Dit het tyd geword dat ons ons self, met hart en siel aan Hom onderwerp, met die wete dat Hy ons sal red. 

Dit neem net een besluit.

Raak ontslae van die Afrika-mentaliteit.

Vul jou met ‘n Hemelse mentaliteit van liefde, krag, selfbeheersing, oorwinning, en ‘n waarde sisteem wat nie terug staan vir die soms, oorweldigende donker van Afrika nie.

 

*****

 

Alle nuwe blog posts gepubliseer word nou op ons Telegram kanaal geplaas. Sluit aan!

En om nie posts te mis nie sluit HIER aan by ons nuusbrief! (Ons gooi jou nie dood met gemors nie net kwaliteit materiaal.)

En moet natuurlik nie FACEBOOK en TWITTER vergeet nie...

En meer op INSTAGRAM!