Afrikaners wat stilstaan by 1994

Opinie:
Deur: Snyman Rijkloff & Ferdie Du Preez
7 Augustus 2019

Ferdie Du Preez plaas die volgende op Facebook:

Afrikaners. Die verlore geslag. Dit verstom my dat daar nog Afrikaners oor is wat steeds stilstaan by 1994.

Daar is nie ‘n manier wat hulle hul kan losmaak van waters wat vir ewig veby is nie. Dan noem hulle nog hul dagdromery as iets aktueel.

Sulke mense is totaal verlore vir die voortbestaan van die wit man in hierdie land. Hulle vra voortdurend vir ander se oplossings, of dring selfs daarop aan, terwyl hulle self geen poging aanwend om die geringste bydrae te lewer nie.

Hulle is die verlore Afrikanergeslag wat besig is om ander saam met hulle oor die afgrond te sleep. Ongelukkig is hulle goeie mense wat in die verlede vasgemessel is.

 

Hierdie woorde van Ferdie kon ek self nie beter gestel het nie, en ek is self hartseer dat dit die waarheid is, juis in hierdie tyd waar ons mekaar nodig het. Juis in hierdie tyd, wat ons dit nie kan bekostig om verdeeldheid tussen ons te koester nie, juis in hierdie tyd wat die vyand ‘n werklike gevaar vir ons mooi nasie en volk in hou. 

My antwoord toe as volg:

Baie waar. Jesus se woorde self, niemand wat sy hand aan die ploeg sit en terug kyk is reg vir die koninkryk nie…

Ons het manne nodig wat met geloof kan werk, wat help met oplossings op elke vlak, veral teen die aanslag van die vyand op ons mense, manne wat weer trots in ons Afrikaner harte kan terug sit, manne wat nie terug deins vir ‘n uitdaging of geveg nie en manne wat weet wat die vrees van die Here is.

Om terug te kyk die heeltyd na die of daardie een help niemand nie. Dit is wat die vyand doen. Hulle kan nie verantwoordelikheid vat vir die land nie, en moet alewig ander mense, rassegroepe en die verlede blameer.

Maar ons is meer as dit. Ons gedagtes is hoër as dit, in die sin dat ons besef, niemand gaan ons red as ons nie self verantwoordelikheid vat vir wie en waar ons as volk vandag is nie. Laat ons sterk staan, ons nie steur aan die wat met ongeloof praat en werk nie, en weet, die oorwinning is ons sin.

 

*****

Alle nuwe blog posts gepubliseer word nou op ons Telegram kanaal geplaas. Sluit aan!

En om nie posts te mis nie sluit HIER aan by ons nuusbrief! (Ons gooi jou nie dood met gemors nie net kwaliteit materiaal.)

En moet natuurlik nie FACEBOOK en TWITTER vergeet nie...

En meer op INSTAGRAM!